Sunday, December 8, 2019

94.7 2019

Herman het die 95km in net meer as 4 ure afgetrap. Sy posisie algeheel was:

2:14:41 Marc Pritzen
3:46:24 Jaco van den Bergh
3:47:44 Johnny Botha
4:14:05 Herman le Roux
4:31:06 Human de Jager (tandem)

Amptelike verslag
  • Tyd 4:14:05
  • Algehele posisie 8598 / 15794
  • Vir die mans 7282 / 12620
  • Groep 438 / 552 (Groep K)
  • Ouderdom 1232 / 1972
  • Gemiddelde spoed 22.43 km/uur














Sunday, November 3, 2019

Tshwane Classic 2019

Herman het die 98km (eintlik 'n bietjie korter) in net onder 4 ure kafgedraf.

Amptelike verslag

  • Tyd 03:57:04
  • Algehele posisie 1648 / 2062
  • Vir die mans 1413 / 1717
  • Groep 83 / 186
  • Ouderdom 473 / 572
  • Gemiddelde spoed 24.8 km/uur



Sunday, June 9, 2019

Monday, December 17, 2018

My Mongoosie is verkoop, snif, snif

My eerste MTB, met baie goeie kilo's agter die blad.

Verkoop vir sowat R5000 aan 'n ene Suret.



Sunday, December 16, 2018

Saam met Anrich op die Perde Pad....

Het beide van ons amper 'n verkleurmannetjie raak gery. Dit is net na die bult of onder deur die kragdrade.

Strava rit.






Sunday, November 18, 2018

94.7 2018

Herman le Roux het weereens die Wimpy klub verteenwoordig by die 2018 94.7 ren. Die slag het sy voorste wiel kort voor die laaityd vir sy groep die gees met 'n harde knal gegee. Gelukkig kon Herman die wiel betyds regkry met sy enigste spaar binneband. Dit was 'n warm dag, en met die roete vir die eerste maal agterstevoor om. Dit het wel 'n makliker einde, die laaste 10km is sterk afdraande. Maar die heuwels tot hier het sy tol geeis. Herman was maar pap van sowat 75km af.

1    2:15:26    Brandon Downes 
5553    3:36:44    Roelie du Plessis
8573    4:03:29    Herman le Roux
11669    4:35:59    Johnny Botha
18262    9:35:39    Chiara de Siena
18318    15:42:18    Onbekend

7297 / 14393 Posisie vir die mans
370 / 561 vir die L groep
1268 / 2214 vir die 45-49 Ouderdom groep
24.31 km/uur gemiddeld

2:48:30    Eerste E-Bike oor die lyn
5:06:28    29ste E-Bike oor die lyn

Strava statistiek - totale afstand sowat 92km sonder die neutrale begin sone. 
























Sunday, November 4, 2018

Tshwane Classic 98km 2018

Wel, ten eerste, dit is nie 98km nie, ek het net oor die 90km gemeet. Tweede, alhoewel dit wyd in die media verkondig is, is dit beslis nie 'n ren met algehele padsluiting nie. Daar was net te veel hoe" spoed verkeer van vooraf, te veel taxis in die stad, karre wat mens moet koes voor by kruisings en selfs 'n punt waar die fietsverkeer deur TMPD gestop was.... Maar dit is absoluut die moeite werd. Die padoppervlak gehalte is van die beste wat ek al ervaar het, die roete in en om Pretoria vol mooi vistas en geskiedenis. en die roete profiel net maklik en moeilik genoeg. Ek sal beslis weer inskryf, die logistiek is net soveel makliker as enige ander renme. 

Resultate:

1. 2:09:33, Dylan Girdlestone.
...
1819. 3:33:30 , Roelie du Plessis.
2120. 3:49:36, Herman le Roux.
...
2654. 5:44:51, Malcolm Horkins.

Ander statistiek vir Herman le Roux
  • 1819/2211 vir die manne
  • 132/242 vir die groep, JL
  • 615/729 vir die 40-49 groep
  • 25.61 km/uur gemiddelde spoed
En wat Strava se.

Moet darem byse^ dit was met die Merida met dikwiel slicks op....





    

Saturday, March 3, 2018

Thursday, November 23, 2017

94.7 2017

En daar maak Herman le Roux sy negende 94,7 klaar, en die slag, steeds met die makliker roete, ook dan bietjie stadiger as die vorige een, en net-net oor 4 ure.

1. Daryl Impey, 2:13:30
739. Reuben Vortster, 2:32:48
7312. Herman le Roux, 4:00:53
19760. Die onbekende fietser, 16:14:01

Herman se details volgens die amptelike resultate en dan volgens Strava

Algehele posisie 7312 /  19762
Vir die mans 7312 / 15379
Groep (J) 449 / 566
Ouderdom (45) 1231 / 2346
Gemiddelde spoed 23.66 km/uur
Strava 3:59:48










Saturday, February 4, 2017

Sunday, November 27, 2016