Sunday, June 28, 2009

Dullstroom MTB Winter Challenge



Herman le Roux het eiehandig die Wimpy klub verteenwoordig tydens die Dullstroom MTB Winter Challenge. Hy het natuurlik baie goed gelyk (sien die fotos hiernaas) en ook heel goed gedoen. Die amptelike afstand is 38km, maar Herman se fietsrekenaartjie het 'n volle afstand 36.25km aangetoon - sonder enige koeksny!

Die renreelings was puik, met baie duidelike aanwysings. Dit was ook nie so besig dat mens iewers moes wag nie, behalwe by die wegtrekpunt, waar dit maar baie stadig begin het. Die eerste 10km was 'n redelike stywe opdraande, met 'n kort skerp afdraande wat die volgende styl 5km opdraande ingelui het. Herman moes gelukkig darem net eenkeer stop om sy ketting weer op te sit na 'n te vinnige afgear op die voorste ratte. Hy het ook nerens moes stop nie, en ook nie by die waterpunte nie, maar moes twee keer op die tweede styl opdraande 'n baie kort stukkie stap.... Daar was een plek deur 'n water hindernis wat mens vir so 20m moes fietsdra, maar die res was lekker skutterige, rowwe tweespoor Jeep-track. Die weer was fantasties, en glad nie koud soos verwag was nie.

Afstand 36.26km gemeet, 38km amptelik
Tyd 2:18:28 (My tyd is uitgelees as 2:14 saam met my naam toe ek oor die wenstreep is)
Gemiddelde spoed 15.28 km/uur

Volgens Charl, 'n kollega by my werk, het ons maar 200m geklim absoluut, maar so 600m kumulatief.

Herman meen ook dat hy beslis weer die Dullstroom sal ry - dit is 'n baie lekker roete, goed gereel, en dan kan mens darem baie lekker pannekoek eet by Harry's Pancakes op die dorp en rond-snuffel. Die hele familie was vir die dag saam, insluitende die Kruger's se leenwoef, Zanzi.

Monday, June 22, 2009

Nissan MTB Tygervalley

So paar van ons Wimpy klub manne het die eerste off-road ren gedoen - Nissan MTB Tygervalley, Pretoria:

Heinz Thiem         02h15

Francois Stander  02h38.50

Wilhelm Thiem     02h42.24

Freddie Els          02h 52.59


Wel, goed gedoen, hoop meer van ons kan die volgende ren saam doen.