Monday, August 31, 2009

Voriberg MTB, De Wildt, 29 Augustus 2009


Herman le Roux, het weereens die Wimpyklub eiehandig verteenwoordig by die Voriberg MTB, De Wildt. Hy het die 35km aangepak, maar moes die aftog blaas, ten groot teleurstelling, nadat sy Mongoose Otero Super se hanger gebreek het, 3km voor die eindpunt. Die klein partjie verseker dat die raam of derailleur nie skade opdoen nie. Le Roux sal nou sommer 2 koop en een spaar in die gatsakkie hou.

Afstand - 35 km volgens organiseerders.
Afstand gemeet totdat die ou partjie meegegee het: 32.53 km
Tyd: 1h55m33s
Gemiddeld 16.89 km/uur
Maksimum spoed: 48.5m km/uur

Die roete is regtig 'n afwisselende een met baie dik sand plek-plek, woeste opdraand (mooi en slegte pad), woes klipperig, bebos, ens. Le Roux het drie maal op 'n onbeplande manier van sy fiets afgeklim, een maal na 'n skerp draai en boom die selfde plek wou inneem as sy fiets - hy het darem betyds gerem om enige skade of beserings te voorkom. 'n Tweede maal nadat sy voorwiel in die modder vasgesteek het, weereens sonder beserings, en derdens tydens 'n kronkelrige skerp afrdraande pas, wat dit amper lekkerder gelyk het om langs die fiets te draf, as om daarop te ry....

Hierdie ren herhaal blykbaar in November, maar Le Roux gaan dit beslis weer volgende jaar doen. Daar is 'n lekker boeremark met biertuin, snuffelgoeters en kos, en die ren is kleiner, maar baie goed georganiseerd en die roete gemerk.


Tuesday, August 11, 2009

Sungardens Carousel Classic 2009

Drie van die brawe Wimpyklub manne het die Sungardens Carousel Classic 2009 aangedurf. Nou weliswaar nie die 155 of 110km nie, maar wel die 70km. Moet se^ hulle het nie te sleg gedoen nie...

Neels 02h11.37

Francois 02h19.11

Freddie 02h29.29

Goed so!


Saturday, August 8, 2009

Kortpad Braaksbult


Ek, Francois Stander, Wilhem en Heinz Thiem het gister gou na werk die een makliker Braaksbult gaan aandurf. Ek het net so onder 30km teen 20km/uur gemiddeld gery, en ook 62.9 km/uur gehaal teen die bult af. Hieronder is die hoogte profiel as mens beide bulte aandurf - dit is volgens Wilhelm se Polar RC800 horlosie.