Saturday, January 30, 2010

Avontuur MTB

Ek en Francois het vanoggend tot by die R80 op die Bakwena saam met Freddie, Willem en Wilhelm getrap. Vandaar het ons om na Suiderberg op die R80 gery, en na die water reservoir toe opgery. Hier moes ons fietse met 'n klein klipperige stroompi opdra tot bo-op die berg. Vandaar het ons tot by die Sentech stasie gery. Dit was so 25% fiets dra, 25% fiets stoot en seker darem 50% fiets ry, met kwaai tegniese stukke. Dit was absoluut die moeite werd. Van die Sentech stasie het ons tot onder gery met die plaveipad, omdegraa en weer to amper bo uitgetrap. Met nog 'n vinnige af, via Mayville Mall, het ons oor die Wonderboomnek gery, met Marija terug tot in Braam Pretorius huistoe. Ek het 5h40 by die huis weggespring, en was eers 9h30 terug. My fiets rekenaartjie het 2h55m en 52km gewys - dit was sonder 'n koffiestop...

Ek het met die Merida gery, darem met knobblies op!


View Fietsry in a larger map

Thursday, January 28, 2010

Kerkbulte-Wonderboomnek-BreyerLaan-East Lynne-Kameeldrift-Molotopad

Gister het ek en Francois so lekker 38km roetetjie gedoen teen net so onder 2 ure. Ek het oppad huis toe, op die Molotopad skouer my heel misgis met 'n ou klein slootjie oor die anders gladde grondpad....nou ja, daar het ek goed kennis gemaak met die grond, maar darem nie beserings opgedoen nie. Vandag so bietjie styf maar anders goed....nou ja, na soveel jare is dit my eerste behoorlike val - die ander was net onbeplande afklimme gewees.

Monday, January 25, 2010

The Fastone

The Fast One tye:

Neels                04h04.14 Dit is nadat hy 40min spandeer het om 'n gebarste buiteband reg te maak. Sy aangepaste tyd is 03h24

Francois            03h32.31

Freddie             03h51.07

Goed so manne, ek sal moet byhou lyk dit my met die Argus! Ek is in uitgelese geselsskap...

Sunday, January 10, 2010

56km na sel sosiaal

Ek en Francois het so 56km gedoen (2h50m) van ons huise na tussen-i-bome, maar via die Wonderboomlughawe en Ludwigs rose. Dit is 'n goeie oefenroete vir die Argus, maar dalk met te min bulte...


View Fietsry in a larger map