Sunday, May 16, 2010

Mabalingwe Lionman 2010

Herman en Neels het die Wimpyklub by die 2010 (10e) Mabalingwe Lionman verteenwoordig. Dit was Neels se eerste volwaardige MTB ren.




























Beide Herman en Neels het die 35km roete gedoen. Herman se amptelike tye:

P_All 167 / 883
P_Cat 32
P_Sex 145
Time 01:53:30
Race # 975
Avg Speed 18.5

Daar was 1600 inskrywings vir die 80 en 35km afstande tesame.

Volgens Herman se fietsrekenaar:

Afstand 35.87km
Tyd 01h52m41
Gemiddelde spoed 19.1 km/uur
Maksimum spoed 38.99 km/uur

Neels se resultate is nog nie op SpectrumSport nie.

Albei het die ren baie geniet, en geen tegniese of ander probleme gehad nie. Herman het by een geleentheid op 'n skerp enkelspoordraai vir so 4 tree langs sy fiets gehardloop, en met 'n sierlike sprong weer terug op die saal geland, sonder om enigsins spoed te verloor. Dit was tot verbasing en toejuiging van die drie ander fietsers agter hom!

Hierdie ren is hoogs aan te beveel, dit is relatief maklik, al is daar vrek baie sand....