Sunday, December 1, 2013

2013 94.7 Cycle Challenge

Herman le Roux het die Wimpy klub alleen verteenwoordig, maar daar was heelwat ander wat ook gery het:

1. Arran Brown 2:11:47
 ....
8826. Herman le Roux 3:46:26
...
20566.  (Soveel het gery en klaar gemaak?)

Algehele posisie          8826/20566
Geslag posisie           7389/15590
Wegspring Groep/Tyd L 07h19
Groep posisie           397/518
Ouderdom posisie M 40-44           1365/2565
Gemiddelde spoed           25.09 km/uur

Fiets rekenaar data

Afstand 93.287 km
Maksimum spoed 69.3 km/uur
Gemiddelde spoed 24.8 km/uur
Tyd 3:45:29

Vir die wat Endomondo gebruik (moet 'n vriend wees om te kan sien):

http://www.endomondo.com/workouts/269716324/1864003


















Saturday, November 23, 2013

Nuwe MAXXIS Crossmark LUST bande op my bergfiets...

...moet ek se^ maak nogals 'n aangename verskil. Die ou wa voel sommer weer nuut, fluks, fiets en vinnig. Moet se^ die stabiliteit op harde grond, sand, redelike los klippe is ordes beter as my vorige Kenda Komodo's. Beslis aan te beveel. O, en ja, ek het uiteindelik die skuif na binnebandloos gemaak.... Sommer self gedoen met Gorilla duck tape en Stans. Crossmarm MAXXIS.

Friday, September 6, 2013

MTB Race Roodeplaat Challenge @ NG Church Kameeldrift

'n Paar van die Wimpyklub het die MTB Race Roodeplaat Challenge @ NG Church Kameeldrift gery verlede naweek. Willie het die 75km aangedurf, en Herman en Anrich hul eerste gesamentlike 15km wat toe op die ou einde meer 'n 19.5km was. Dit was Anrich se eerste MTB ren, en ook algehele eerste fietsren. 

Ren resultaat volgens Herman se Garmin




Off-road

Herman en Johan Theron het vanoggend saam met Fanus en sy twee jong latte 'n offroad paadjie gaan toets, instede van die gewone Wimpy pad. Die res van die klub sal maar moet fietse kry - dit is baie lekker om so te ry.... 'n baie ou possie van 25 April 2009...

Monday, March 11, 2013

Argus 2013

Herman le Roux het die kwynende Wimpyklub by nog 'n Argus verteenwoordig. Dit was nie sy beste Argus ooit nie, ten spyte van absolute perfekte weer. Daar was plek-plek sterk wind wat so bietjie gehelp het, maar mens sou dit nie as 'n rede kon aanvoer vir die swakker vertoning nie. Dit bly dan ook die mooiste padren wat daar is. Le Roux het met 'n ietwat onfiksheid en hoofpyn gesukkel gedurende die ren, maar weereens, was dit waarskynlik meer die onfiksheid wat gepla het. Die wel-bekende jellie-been sindroom het ook plek-plek gepla, veral teen Chapman's Peak, en tog ook op Suikerbos. Gelukkig was daar geen krampe nie, en ook geen tegniese probleme nie. Daar was amper 'n geskarrel rondom fietse tydens die voorbereiding Saterdag toe Elliot vervoer die verkeerde fiets aan Le Roux se vriend, 'n ene Meneer Olivier oorhandig het... Gelukkig het JH Retief die dag gered vir die ander ongelukkige fietstyer.... En boonop was Elliot se mense redelik ongeskik oor die fout wat hulle gemaak het. Le Roux moes ook twee maal stop vir water, maar darem vinniger as 'n bandruil op F1. 

Die uitslae volgens RaceTec is dan
1 Herman Fouche 2:39:55
...
4249 Guillaume Olivier 03:31:36
...
13636 Herman le Roux 04:22:53
...
24882 Richard Branson 05:33:00 (Nog bewyse dat die beste, duurste fietse nie altyd help nie...)

In meer detail, volgens RaceTec vir Herman le Roux
Posisie 13636/31305
Geslags Posisie 11643/24204
Groep Posisie (Y, 07h20 wegtrek) 582/716
Ouderdomsgroep (M 40-44) 1945/3624
Gemiddelde spoed 25.11 km/uur

Volgens Le Roux se fiets rekenaartjie
Afstand 106.37 km
Maksimum spoed 62.5 km/uur
Gemiddelde spoed 24.4 km/uur
Tyd 4:21:56

Volgens Endomondo (Jy moet 'n skakel na Le Roux om na die Endomondo blad te gaan).
DISTANCE 108.69 km
DURATION 4h:30m:43s
AVG. SPEED 24.1 km/h
MAX. SPEED 66.7 km/h
CALORIES 3928 kcal
MIN. ALTITUDE 30 m
MAX. ALTITUDE 200 m
TOTAL ASCENT 888 m
TOTAL DESCENT 909 m