Tuesday, April 6, 2010

Spanfoto van 94.7 2009

Hierdie twee fotos het ek uiteindelik opgespoor nadat Freddie my vertel het (Op die Argus trein), dit was op sy foto lys.... Dit was aan die einde van die 94.7 2009 geneem deur die amptelike fotograaf. Moet se^ ons lyk nog heel vars!


















Sunday, April 4, 2010

Sentech

Ek het gou vanoggend die Sentech torings gaan aandurf....My tyd was darem beter as die vorige keer.

'n Foto of twee om darem te bewys ek was daar. Die eerste is na die Suide en die tweede na die Noorde. Dit was baie mooi mistig en lekker koel om te ry.














So paar fotos

So paar fotos wat ek met my fiets selfoon geneem het... Die kwaliteit is maar power, maar dis met een van die R199 specials Nokias geneem.

Hierdie is die bokant van die Braaksbult wat ek altyd in my Twitter/Friendfeed logs na verwys. Ek dink dit is Wilhelm wat so aangery kom met sy Oranje trui.














Die volgende drie fotos is waar ek en Francois die voetslaanpad van die R80 na die Sentech torings toe aangedurf het.... Ons moes maar redelik fiets dra hier en daar, maar dit was die moeite werd.








































Die volgende paar fotos is almal van die Argus trein. Daar is ook 'n foto of twee waar ek wag dat my groep wegspring - ek het maar lekker koud gekry...


Die gemaklike kompartement met Francois en Neels in hul Gucci Somerversameling uitrustings.












Ek wat 'n self-potret poog...















Van die eerste mooi Kaapse tonele by die venster uit....












Chaos opsoek na ons wegspringbokse....

Die wind het blykbaar so 55 km/uur gewaai hierdie slag.









Ek wat stres en koudkry. Die amptelike fotograaf het my darem beter gevang... hier probeer ek darem 'n glimlag.












Kimberley se stasie is nog netjies en mooi. Die meeste ander is sleg vervalle.