Friday, May 11, 2012

Clarens Nissan MTB

Herman en Willie het weereens die Wimpyklub by Clarens verteenwoordig en soos gewoonlik skoonskip gemaak van die vulletjie van 'n bult.... of dalk nie. Vrekkit, van 24 tot 34km is net een lang moeilike klim. Die tye het beslis die hardepad gewys.

Volgens die amptelike tye
Posisie in geheel 276/553
Kategorie posisie 48
Geslag posisie 259
Tyd 2h42m39
Gemiddelde spoed 16.60 km/uur

Volgense Herman se fiets rekenaartjie
Afstand  38.42 km
Tyd  2h38m32
Maksimum spoed   52.45 km/uur
Gemiddelde spoed  14.54 km/uur

Dit was egter groot pret, en die bly by Forest Edge Lodge hoogs aan te beveel.