Monday, March 11, 2013

Argus 2013

Herman le Roux het die kwynende Wimpyklub by nog 'n Argus verteenwoordig. Dit was nie sy beste Argus ooit nie, ten spyte van absolute perfekte weer. Daar was plek-plek sterk wind wat so bietjie gehelp het, maar mens sou dit nie as 'n rede kon aanvoer vir die swakker vertoning nie. Dit bly dan ook die mooiste padren wat daar is. Le Roux het met 'n ietwat onfiksheid en hoofpyn gesukkel gedurende die ren, maar weereens, was dit waarskynlik meer die onfiksheid wat gepla het. Die wel-bekende jellie-been sindroom het ook plek-plek gepla, veral teen Chapman's Peak, en tog ook op Suikerbos. Gelukkig was daar geen krampe nie, en ook geen tegniese probleme nie. Daar was amper 'n geskarrel rondom fietse tydens die voorbereiding Saterdag toe Elliot vervoer die verkeerde fiets aan Le Roux se vriend, 'n ene Meneer Olivier oorhandig het... Gelukkig het JH Retief die dag gered vir die ander ongelukkige fietstyer.... En boonop was Elliot se mense redelik ongeskik oor die fout wat hulle gemaak het. Le Roux moes ook twee maal stop vir water, maar darem vinniger as 'n bandruil op F1. 

Die uitslae volgens RaceTec is dan
1 Herman Fouche 2:39:55
...
4249 Guillaume Olivier 03:31:36
...
13636 Herman le Roux 04:22:53
...
24882 Richard Branson 05:33:00 (Nog bewyse dat die beste, duurste fietse nie altyd help nie...)

In meer detail, volgens RaceTec vir Herman le Roux
Posisie 13636/31305
Geslags Posisie 11643/24204
Groep Posisie (Y, 07h20 wegtrek) 582/716
Ouderdomsgroep (M 40-44) 1945/3624
Gemiddelde spoed 25.11 km/uur

Volgens Le Roux se fiets rekenaartjie
Afstand 106.37 km
Maksimum spoed 62.5 km/uur
Gemiddelde spoed 24.4 km/uur
Tyd 4:21:56

Volgens Endomondo (Jy moet 'n skakel na Le Roux om na die Endomondo blad te gaan).
DISTANCE 108.69 km
DURATION 4h:30m:43s
AVG. SPEED 24.1 km/h
MAX. SPEED 66.7 km/h
CALORIES 3928 kcal
MIN. ALTITUDE 30 m
MAX. ALTITUDE 200 m
TOTAL ASCENT 888 m
TOTAL DESCENT 909 m