Sunday, December 13, 2009

Mountainview / Bergsig heuwel

Ek en Francois Stander het Sondagoggend (13-Des-2009) vroeg, hierdie paadjie onbepland gaan ry. Op hierdie stadium is die beste heuwel waarvan ek weet in die Pretoria-Noord omgewing. Mens kan die hele pad met slicks ry, maar as jy knobblies op het, kan mens die bo-op die bergie Wes ry tot by die R80. Van my huis af is dit net meer as 30km heen-en-terug. Mens kan maklik al die kerk-bulte bysit een ook oor die nekkie ry, dan gaan dit nogals 'n lekker uitputtende rit wees. Kyk gerus op die Fietsryklub se Google Map ook. Kliek op die roete Mountainview/Bergsig Pad.


View Fietsry in a larger map

Tuesday, November 17, 2009

Momentum 94.7 Cycle Challenge

Sondag 15 November 2009 het so paar van die Wimpyklub manne en ook ander bekendes deelgeneem aan die 94.7.

Die amptelike afstand was 96.5km - flippin ver.

Tye volgens die amptelike tydhouer en dan ook fietsrekenaartjies:

Herman le Roux
Total tyd: 04:07:35
Posisie algeheel: 8650/16433
Posisie vir mans: 7220/12605
Posisie vir ouderdom: 1343/2152
Posisie wegspring groep (SS): 59/285
Wegspring tyd: 8:41
Rekenaartjie afstand: 96.574 km
Rekenaartjie tyd: 04:03:14
Rekenaartjie gemiddelde spoed: 23.8 km/uur
Rekenaartjie maks spoed: 62.7 km/uur
Hierdie is met 'n bergfiets, darem met slicks, maar sonder cleats behaal!



















Francois Stander
Total tyd: 04:40:46
Posisie algeheel: 11549/16433
Posisie vir mans: 9389/12605
Posisie vir ouderdom: 1238/1572
Posisie wegspring groep (QQ): 109/294
Wegspring tyd: omtrent 08h30


Freddie Els
Total tyd: 05:16:53
Posisie algeheel: 13762/16433
Posisie vir mans: 10938/12605
Posisie vir ouderdom: 1889/2152
Posisie wegspring groep (QQ): 196/294
Wegspring tyd: omtrent 08h30

Herman, Freddie en Francois het saam gery na die ren, maar nie saam weggespring of gery nie. Dit was opvallend hoeveel toeskuoers daar was. Dit was een van die lekkerste renne wat Herman nog gedoen het. Hy reken verder dat hy nie nodig gehad het om enige van die bulte te geloop het nie - daarvoor het die ratverhouding van die bergfiets gehelp - maar moes twee of drie keer sy waterbottel vul. Vandaar die 4 minute verskil in amptelike tyd en rekenaar tyd. Sjoe, en daar was darem vir jou 'n paar mooi toeskoeuers ook gewees. Almal is dit ook eens dat dit een van die bes georganiseerde renne is - hulle stel regtig die voorbeeld van hoe dit gedoen moet word. Herman het by so 4 of 5 ryers verbygery wat opgelaai moes word met 'n ambulans. Een ou het redelik aan die begin op die M1 Suid sommer bo-oor die beton reeling geval. Daar was ook 'n pa met 'n waentjies waarin sy gestremde seun gesit het. Herman het hom salueer toe hy pa-en-seun die tweede keer verby gegaan het.

Ander ouens wat gery het:

Neels: 04h01.53
Fanus Vorster (saam met sy seun Reuben): 04:30:51 - Moet ook net noem dat Fanus se vorige tyd 2:50 was!
Pieter Vorster: 04:46:23
Dawn se man, Frik: 3:21
Arno Duvenhage: 03:29:30

Dit is 'n moeilike rit, en daar was maar wind, veral op die Krugersdorpsnelweg, maar dit is so lekker, dat Herman dit waarskynlik volgende jaar maar weer sal doen...








Hier is Freddie, Francois en Herman na die ren... hulle lyk darem nog baie vars...


Sunday, September 27, 2009

Bekker Bundu Bash MTB 30/65km


'n Paar van ons Wimpyklub en so paar ekstra het die Bekker Bundu Bash MTB 30/65km aangedurf.

Die 30km oukies:
Francois 2h00.26
Freddie 2h59.45
Hannes 2h59.48
Wilhelm 2h18.08
Romy 3h00.48
Pieter Geen Tyd
Reuben 2h02.49

Die 65km manne:
Fanus 3h41.13
Herman (3978) 3h51.08 - Volgens Herman se Fietsrekenaar - 63.22km, 3h46m49, 16.72 km/uur gemiddeld, 47.19 km/uur maksimum.

Herman reken dat hy gebou is vir 40km renne, nie 65km renne nie. 'n Groot probleem was hier tussen 42 en 48km waar Fanus toe ook nie meer kon wag vir Herman nie....volgende keer sal hy beslis elke uur 'n energieskop moet inneem. Mens kan verstaan hoekom die meeste 65km ouens sulke mo*rse kuite het - hulle oefen vrek hard... Dit raak ook glad nie meer snaaks hier teen 50km as die mooi tjieks, lelike tjieks, vet tjieks, maer tjieks, jong tjieks, ou tjieks en selfs tjieks met mooi boudjies jou aanhou verby vat nie. Maar nou ja, behalwe vir Pieter wat siek begin voel het na die eerste 1km, het almal darem sonder val of probleme klaar gemaak. Klink my as ek egter na van die eposse kyk, was daar 'n papwiel of twee.

Die Magalies fees agterna is regtig die moeite werd - daar was heelwat te doen vir die kleinspan ook.



Monday, August 31, 2009

Voriberg MTB, De Wildt, 29 Augustus 2009


Herman le Roux, het weereens die Wimpyklub eiehandig verteenwoordig by die Voriberg MTB, De Wildt. Hy het die 35km aangepak, maar moes die aftog blaas, ten groot teleurstelling, nadat sy Mongoose Otero Super se hanger gebreek het, 3km voor die eindpunt. Die klein partjie verseker dat die raam of derailleur nie skade opdoen nie. Le Roux sal nou sommer 2 koop en een spaar in die gatsakkie hou.

Afstand - 35 km volgens organiseerders.
Afstand gemeet totdat die ou partjie meegegee het: 32.53 km
Tyd: 1h55m33s
Gemiddeld 16.89 km/uur
Maksimum spoed: 48.5m km/uur

Die roete is regtig 'n afwisselende een met baie dik sand plek-plek, woeste opdraand (mooi en slegte pad), woes klipperig, bebos, ens. Le Roux het drie maal op 'n onbeplande manier van sy fiets afgeklim, een maal na 'n skerp draai en boom die selfde plek wou inneem as sy fiets - hy het darem betyds gerem om enige skade of beserings te voorkom. 'n Tweede maal nadat sy voorwiel in die modder vasgesteek het, weereens sonder beserings, en derdens tydens 'n kronkelrige skerp afrdraande pas, wat dit amper lekkerder gelyk het om langs die fiets te draf, as om daarop te ry....

Hierdie ren herhaal blykbaar in November, maar Le Roux gaan dit beslis weer volgende jaar doen. Daar is 'n lekker boeremark met biertuin, snuffelgoeters en kos, en die ren is kleiner, maar baie goed georganiseerd en die roete gemerk.


Tuesday, August 11, 2009

Sungardens Carousel Classic 2009

Drie van die brawe Wimpyklub manne het die Sungardens Carousel Classic 2009 aangedurf. Nou weliswaar nie die 155 of 110km nie, maar wel die 70km. Moet se^ hulle het nie te sleg gedoen nie...

Neels 02h11.37

Francois 02h19.11

Freddie 02h29.29

Goed so!


Saturday, August 8, 2009

Kortpad Braaksbult


Ek, Francois Stander, Wilhem en Heinz Thiem het gister gou na werk die een makliker Braaksbult gaan aandurf. Ek het net so onder 30km teen 20km/uur gemiddeld gery, en ook 62.9 km/uur gehaal teen die bult af. Hieronder is die hoogte profiel as mens beide bulte aandurf - dit is volgens Wilhelm se Polar RC800 horlosie.

Monday, July 27, 2009

Twee taai bulte

Herman, Wilhelm en Heinz het die twee taai MTB bulte gaan aandurf, Saterdag.

Wednesday, July 22, 2009

Nissan Diamond Rush - Cullinan, 18 Julie 2009

Wel, dit lyk my die manne het gesweet teen die mynbulte... Die Nissan Diamond Rush resultate:

Heinz Thiem 01h52.18
Nico Kotze 02h04.36
Wilhelm Thiem 02h12.28
Freddie Els 02h23.52
Francois Stander 02h41.27 (Het ‘n verskoning anders was dit onder die 2 ure) - Jammer Mnr F. verskonings tel nie...

Daar is natuurlik oneenigheid oor die afstand ook nog:

Freddie reken dit was 'n volle 32.5km en Heinz 33.2km - ek is geneig om die die organiseerders se 30km te glo...

Dan moet ons Nico gelukwens - dit was sy eerste poging.

En dan net om die ouens wat gekla het dit was heelpad opdraand die profiel te wys:


Sunday, June 28, 2009

Dullstroom MTB Winter Challenge



Herman le Roux het eiehandig die Wimpy klub verteenwoordig tydens die Dullstroom MTB Winter Challenge. Hy het natuurlik baie goed gelyk (sien die fotos hiernaas) en ook heel goed gedoen. Die amptelike afstand is 38km, maar Herman se fietsrekenaartjie het 'n volle afstand 36.25km aangetoon - sonder enige koeksny!

Die renreelings was puik, met baie duidelike aanwysings. Dit was ook nie so besig dat mens iewers moes wag nie, behalwe by die wegtrekpunt, waar dit maar baie stadig begin het. Die eerste 10km was 'n redelike stywe opdraande, met 'n kort skerp afdraande wat die volgende styl 5km opdraande ingelui het. Herman moes gelukkig darem net eenkeer stop om sy ketting weer op te sit na 'n te vinnige afgear op die voorste ratte. Hy het ook nerens moes stop nie, en ook nie by die waterpunte nie, maar moes twee keer op die tweede styl opdraande 'n baie kort stukkie stap.... Daar was een plek deur 'n water hindernis wat mens vir so 20m moes fietsdra, maar die res was lekker skutterige, rowwe tweespoor Jeep-track. Die weer was fantasties, en glad nie koud soos verwag was nie.

Afstand 36.26km gemeet, 38km amptelik
Tyd 2:18:28 (My tyd is uitgelees as 2:14 saam met my naam toe ek oor die wenstreep is)
Gemiddelde spoed 15.28 km/uur

Volgens Charl, 'n kollega by my werk, het ons maar 200m geklim absoluut, maar so 600m kumulatief.

Herman meen ook dat hy beslis weer die Dullstroom sal ry - dit is 'n baie lekker roete, goed gereel, en dan kan mens darem baie lekker pannekoek eet by Harry's Pancakes op die dorp en rond-snuffel. Die hele familie was vir die dag saam, insluitende die Kruger's se leenwoef, Zanzi.

Monday, June 22, 2009

Nissan MTB Tygervalley

So paar van ons Wimpy klub manne het die eerste off-road ren gedoen - Nissan MTB Tygervalley, Pretoria:

Heinz Thiem         02h15

Francois Stander  02h38.50

Wilhelm Thiem     02h42.24

Freddie Els          02h 52.59


Wel, goed gedoen, hoop meer van ons kan die volgende ren saam doen. 



Saturday, May 23, 2009

Jawel, daar het julle dit nou

Francois, Neels en Freddie het vanoggend die Bela-Bela gaan ry, terwyl Herman, Wilhelm, Heinz en Stefan rowwe pad gaan ry het. Dit was ook die eerste maal dat Stefan sy nuwe Silverback Dakota kon ry. Gerugte het dit dat Freddie toe ingegee het, en 'n Merida Matts die week aangeskaf het. Dit is nou nog net Francois wat volgens verdere gerugte in die volgende week een of ander Mongoose  gaan aanskaf. Baie gelul aan die manne net hule nuwe rowwe-pad fietse. Ons sien uit na 'n lekker rit gouer as later, en dan ook die 26 Junie 2009 Dullstroom ren.

Ek vermoed Stafan het ingegee op 'n Silverback nadat hy die volgende gesien het.... 

Thursday, May 14, 2009

Herman se nuwe Mongoose Otero Super 2009


Ah, Herman het die naweek sy nuwe Mongoose Otero Super 2009 in ontvangs geneem by Hatfield Cycles. Die kontant prys was uistekend teen R8700. Hy het ook gister sy eerste properse off-road rit gaan doen saam met Wilhelm en Heinz, en het soos te verwagte, uistekend gevaar, veral by die bulte waar 'n agterste shock van kardinale belangs is. Groot dinge word van Herman verwag met sy nuwe Mongoose, siende dat hy vandat hy 'n jong laaitie was, altyd daarvan gedroom het om 'n Mongoose te trap....

Wednesday, April 29, 2009

Weer 'n slag off-road...

Vir die derde keer hierdie week het ek (Herman) gaan off-road....saam met Wilhelm en Heinz - ons het Fanus se paadjie gery, maar die eerste taai bult weer terug uitgery, instede van om die tweede taai bult aan te pak. Moet se^ die off-road is goed. Ons het ook 'n lekker roete uitgewerk wat Fanus en Wilhelm se roete kombineer - seker dan so 50-60km van lekker off-road.


Monday, April 27, 2009

Saterdag 2 Mei

Hallo Manne,

Ek gaan hierdie Saterdag mis vir die gewone Bakwena roete - ek is in Bloemfontein vir die naweek. Ek het ook gister weer 'n slag gaan off-road saam met Fanus Vorster, insluitend sy twee laaities, en Johan Kruger. Dit was regtig 'n lekker roete, met 'n uitdagende bultjie....Ons moet dit gerus een Saterdagoggend probeer - almal moet nou net MTB fietse kry....

Ek, Heinz en Wilhelm gaan ook weer off-road Woensdagmiddag - die plan is om so 16h00 daar in my omgewing weg te trek. 

Groete,
Herman

Saturday, April 25, 2009

Off-road

Herman en Johan Theron het vanoggend saam met Fanus en sy twee jong latte 'n offroad paadjie gaan toets, instede van die gewone Wimpy pad. Die res van die klub sal maar moet fietse kry - dit is baie lekker om so te ry....

Tuesday, April 21, 2009

WILRO 2009 Foto's (Vooraf en agteraf...)

Die Foto's soos beloof. Dankie Freddie!

Monday, April 20, 2009

WILRO 2009 (Tarlton)

En daar het julle dit nou....die eerste ren wat die Wimpy klub toe nou doen. Sondag 19 Apr 2009, het 9 lede die ren aangepak. Een het kans gesien vir die 114km en die res het maar eerder op die 41km besluit.

Die spannetjie:

1) Neels Eicker - 114km - 04h31.43

2) Stefan Rawlins - en die res almal 41km - 1:18
3) Heinz Thiem - 1:?
4) Herman le Roux - 1:27 - 28.4 km/uur gemiddeld
5) Freddie Els - 01h29.57
6) Francois Stander - 01h36.13 (Hy het teruggedraai by die 20km merk om Willem te gaan soek)
7) Willem van Niekerk - 1.49:51
8) Johan Theron - 1:51
9) Wilhelm Thiem - 1:?

Almal dus in onder 2 ure! Behalwe Neels wat nog besig is met die laaste kilo....;-)

Sal 'n foto of twee van die opgewarmde span later spoeg.

O, en die Wimpy-brekvis in Krugersdorp na die tyd, was natuurlik die hoogtepunt!

Die volgende ren is waarskynlik Bela-Bela.

Nou ja, tot volgende keer....

Friday, March 27, 2009

Bela-Bela 23 Mei 2009


Wegspring is 23 Mei 2009, 07h00, Bela-Bela Wie so ver wil ry: Neels Francois Freddie Herman (Tentatief)








Sunday, March 22, 2009

Tarlton 41km 19 April 2009

    

Date: Sunday, 19th April 2009
Closing Date: 6th April 2009, 18h00
Province: Gauteng
Venue: Tarlton International Raceway 
GPS Co-Ordinates: 26 03 22.0S 27 37 24.3E 
Distances: 114km (R130), 41km (R80) 
Starting Time: 07h00

Ouens wat gaan ry:
  1. Herman
  2. Francois
  3. Willie
  4. Johan
  5. Freddie
  6. ?
  7. ?