Monday, August 31, 2009

Voriberg MTB, De Wildt, 29 Augustus 2009


Herman le Roux, het weereens die Wimpyklub eiehandig verteenwoordig by die Voriberg MTB, De Wildt. Hy het die 35km aangepak, maar moes die aftog blaas, ten groot teleurstelling, nadat sy Mongoose Otero Super se hanger gebreek het, 3km voor die eindpunt. Die klein partjie verseker dat die raam of derailleur nie skade opdoen nie. Le Roux sal nou sommer 2 koop en een spaar in die gatsakkie hou.

Afstand - 35 km volgens organiseerders.
Afstand gemeet totdat die ou partjie meegegee het: 32.53 km
Tyd: 1h55m33s
Gemiddeld 16.89 km/uur
Maksimum spoed: 48.5m km/uur

Die roete is regtig 'n afwisselende een met baie dik sand plek-plek, woeste opdraand (mooi en slegte pad), woes klipperig, bebos, ens. Le Roux het drie maal op 'n onbeplande manier van sy fiets afgeklim, een maal na 'n skerp draai en boom die selfde plek wou inneem as sy fiets - hy het darem betyds gerem om enige skade of beserings te voorkom. 'n Tweede maal nadat sy voorwiel in die modder vasgesteek het, weereens sonder beserings, en derdens tydens 'n kronkelrige skerp afrdraande pas, wat dit amper lekkerder gelyk het om langs die fiets te draf, as om daarop te ry....

Hierdie ren herhaal blykbaar in November, maar Le Roux gaan dit beslis weer volgende jaar doen. Daar is 'n lekker boeremark met biertuin, snuffelgoeters en kos, en die ren is kleiner, maar baie goed georganiseerd en die roete gemerk.


No comments:

Post a Comment