Tuesday, March 16, 2010

Argus 2010

  1. Malcolm Lange (2.39.55) - Algehele wenner
  2. Christoff van Heerden
  3. Daryl Impey
  4. Burry Stander
  5. Rene Haselbacher
  6. Dean Edwards
  7. Bjorn Glasner
  8. Johan Rabie
  9. Lance Armstrong (+6 sec)
  10. Nic White (+24 sec)
  11. Guillaume Olivier (+4419 sec)
  12. Neels (+7072 sec)
  13. Francois Stander (+7730 sec)
  14. Herman le Roux (+8144 sec)
  15. Freddie Els (+11482 sec)
Amptelike tye vir die posisies 11 tot 15 (Tyd, Algehele Posisie, Posisie Mans, Posisie Ouderdom, Wegspring Groep, Groep Posisie):
  • Guillaume 03:53:34  4538/28817  4131/22533  745/3322  H  351/487
  • Neels 04:37:47  11608/28817  10123/22533  432/1162  Z  230/518
  • Francois 04:48:45  13327/28817  11515/22533  1442/2718  WW  52/572
  • Herman 04:55:39  14392/28817  12334/22533  1853/3071  DD  325/565
  • Freddie 05:51:17  21603/28817  17751/22533  2481/3071  OH  160/413
Volgens Herman se fietsrekenaar:
Afstand 109.14 km
Maksimum spoed 62.2 km/uur
Gemiddelde spoed 22.2 km/uur
Tyd 4h54m21

Dit is hoogs aan te beveel om die Shosholoza Meyl Argus Trein te gebruik. Mens spring 9h00 op Johannesburgstasie weg die Donderoggendoggend en is dan so teen middagete die Vrydag reg langs die sentrum waar die Argus registrasies plaasvind. Die trein bly ook op die stasie, en mens kan dus vir die prys van R2000 op die trein bly as jy so verkies. Die etes op die trein is baie billik - party biere kos selfs minder as R10 - en die kos is heel aanvaarbaar. Goeters soos hamburgers, skyfies en Coke is R35-00. Kerrie en pap of rys is omtrent R40-00. Die brekvis is goed, met sap en koffie teen R35-00. Jy kan natuurlik al jou eie drink en eetgoed ook saamvat, en selfs so iets soos 'n ketel as jy jou eie tee en koffie wil maak. Daar was ook 'n kroegkar, egter onbemand, maar waar mens lekker kan sit en kuier. 240V kragpunte is slegs in die kroeg en eetkarre beskikbaar. Ek sal beslis weer van die trein gebruik maak - dit is baie minder stresvol as om af te ry, en mens kan lekker oppad terug herstel. Die beste is seker dan ook om op Krugersdorp se stasie op en af te klim, eerder as Johannesburg middestad. 


Die Argus is beslis 'n rit wat mens ten minste een of twee keer in jou lewe moet doen - hierdie jaar was die wind gelukkig nie so erg as verlede jaar se 100 km/uur-plus winde nie - blykbaar was die piek so teen 55 km/uur. Dit is egter maar die eerste 40 tot 50 km wat die wind pla - waar mens by Smitswinkel terugdraai Noordhoek se kant toe, is dit baie lekker met so sterk wind in die blaaie. Dis eers weer net na Suikerbos wat dit weer hier-en-daar pla, maar glad nie so erg as met die eerste deel nie. Chapman's Peak was maar 'n lang opdraande, Boyes draaif nie so erg nie, en Suikerbos het maar so bietjie byt, grotendeels omdat dit eers omtrent op 80k gebeur. Die stuk huistoe voel langerig, maar is heel lekker. Net jammer die wind het baie van die ondersteuners weggehou - ons het darem hier en daar, veral by Houtbaai 'n paar baie gesonde dames gesien, in klein swemmies.....

As ek kan, gaan ek beslis volgende jaar weer ry, maar nou is die volgende groot padren Bakwena en 94.7.

Volgende jaar hoop ek meer van die Wimpy Klub en ander ouens gaan saam Argus toe met die trein...


















Hier staan ek in my wegspringboks - dit was nogals koud met die wind so saam.

No comments:

Post a Comment