Friday, March 5, 2010

Sabie Classic 2010

Herman, Francois, Fanus, Freddie, Reuben en nog so paar ander het die Sabie Classic 40km aangedurf verlede naweek. Dit was voorwaar 'n uitnemende ren, goed georganiseerd, asemrowende uitsigte, en lekker glad en modderig. Dit opdraandes was uitdagend, en so een of twee moes mens maar stap, want te veel ander ryers het voor 'n mens gestap....

Die totale klim is volgens die profielkaart 820m vir die 40km en die wentyd was 01:36:36 

Herman
Amptelike tyd: 03:02:30 en gemiddelde spoed: 13.15 km/uur.
Volgens fiets rekenaartjie: 02:58:35
Afstand: 40.69km
Gemiddelde spoed: 13.67 km/uur - sies dis stadig!
Maksimum spoed: 44.06 km/uur
Rang: 501 / 1138

Francois
Amptelike tyd: 03:22:48

Fanus
Amptelike tyd: 03:27:47


















Hier is Herman (links) en Francois, nog mooi skoon en gereed voor die ren...

Die Le Roux's en die Standers het sommer by Castle Rock vir die naweek gekamp.

Kyk ook gerus na Zoon Cronje se facebook fotos vir 'n paar mooi fotos. Sien een hier onderaan:

















No comments:

Post a Comment