Sunday, November 18, 2018

94.7 2018

Herman le Roux het weereens die Wimpy klub verteenwoordig by die 2018 94.7 ren. Die slag het sy voorste wiel kort voor die laaityd vir sy groep die gees met 'n harde knal gegee. Gelukkig kon Herman die wiel betyds regkry met sy enigste spaar binneband. Dit was 'n warm dag, en met die roete vir die eerste maal agterstevoor om. Dit het wel 'n makliker einde, die laaste 10km is sterk afdraande. Maar die heuwels tot hier het sy tol geeis. Herman was maar pap van sowat 75km af.

1    2:15:26    Brandon Downes 
5553    3:36:44    Roelie du Plessis
8573    4:03:29    Herman le Roux
11669    4:35:59    Johnny Botha
18262    9:35:39    Chiara de Siena
18318    15:42:18    Onbekend

7297 / 14393 Posisie vir die mans
370 / 561 vir die L groep
1268 / 2214 vir die 45-49 Ouderdom groep
24.31 km/uur gemiddeld

2:48:30    Eerste E-Bike oor die lyn
5:06:28    29ste E-Bike oor die lyn

Strava statistiek - totale afstand sowat 92km sonder die neutrale begin sone. 
























No comments:

Post a Comment