Sunday, November 4, 2018

Tshwane Classic 98km 2018

Wel, ten eerste, dit is nie 98km nie, ek het net oor die 90km gemeet. Tweede, alhoewel dit wyd in die media verkondig is, is dit beslis nie 'n ren met algehele padsluiting nie. Daar was net te veel hoe" spoed verkeer van vooraf, te veel taxis in die stad, karre wat mens moet koes voor by kruisings en selfs 'n punt waar die fietsverkeer deur TMPD gestop was.... Maar dit is absoluut die moeite werd. Die padoppervlak gehalte is van die beste wat ek al ervaar het, die roete in en om Pretoria vol mooi vistas en geskiedenis. en die roete profiel net maklik en moeilik genoeg. Ek sal beslis weer inskryf, die logistiek is net soveel makliker as enige ander renme. 

Resultate:

1. 2:09:33, Dylan Girdlestone.
...
1819. 3:33:30 , Roelie du Plessis.
2120. 3:49:36, Herman le Roux.
...
2654. 5:44:51, Malcolm Horkins.

Ander statistiek vir Herman le Roux
  • 1819/2211 vir die manne
  • 132/242 vir die groep, JL
  • 615/729 vir die 40-49 groep
  • 25.61 km/uur gemiddelde spoed
En wat Strava se.

Moet darem byse^ dit was met die Merida met dikwiel slicks op....





    

No comments:

Post a Comment